• KONTAK ONS :

    +27 56 212 4839

Dienste

Agrilux se bemarkingspan word ondersteun deur ‘n aantal spesialis dienste. Die behoefte van Suid Afrikaanse boere het oor die afgelope aantal jare dramaties verander. Insetkoste het in so mate verhoog dat die produsent genoodsaak is om sy hulpbronne optimaal te benut. Presisie boedery is een aspek waarin Agrilux uitstaan, grondmonsterneming met bemestingskaarte kan verskaf word. Hierdie verslae word deur ‘n onafhanklike kundige opgestel om die geloofwaardigheid van die verslae te waarborg.

Benewens grondontledings bied ons ook gewasbeplanning en is van hulp met bewerkingsbeplanning waar ons al dertig jaar ondervinding in het. Deur die groeiseisoen word daar ook gewas monitering gedoen om enige probleme wat mag ontstaan te ondersoek en oplossings te bied.

 

AgriSol

AgriSol is 'n onafhanklike maatskappy wat nie verbonde is aan enige kunsmis maatskappy nie. Aanbevelings word gedoen deur gebruik te maak van vasgestelde en beproefde formules wat konsekwent op elke grond, volgens die spesifieke eienskappe van die grond, toegepas word.

Die ontledings wat tradisioneel gebruik word sê hoeveel voedingstowwe moontlik vir die plant beskikbaar kan word, maar gee geen aanduiding van die ekwilibrium tussen geabsorbeerde voedingstowwe soos bepaal deur 'n standaard ontleding en dit wat in oplossing is vir die plant om op te neem nie.

Die AgriSol-Stelsel spreek die volgende aspekte aan:

- Daar moet voldoende voedingstowwe vir die plant wees.

- Die verhouding van Ca:Mg, maar ook ander katione het 'n invloed op grondstruktuur en beskikbaarheid van voedingstowwe en moet reggestel word.

- Hoewel mikro-elemente nie in groot hoeveelhede benodig word nie, is dit essensiële voedingstowwe en moet daarom reggestel en toegedien word.

- Voordelige grondmikrobes het sekere stimulante en voedingsbehoeftes wat aangespreek moet word.

 

AgriSol Verslag

Die AgriSol verslag wat elke boer of kliënt ontvang wanneer Agrilux aangestel word om sy Presisie Grondmonsterneming te hanteer sal die volgende aspekte aanspreek:

- Totale Uitruil Kapasiteit (TUK) en pH vlakke

- Ca% Mg%, K% To%, H%, en ander katioon%

- Persentasie organiese materiaal en die geskatte stikstof vrystelling

- Sink, Swael, Yster, Boor, Koper

 

Hiermee voorbeelde van hoe die verslag lyk:

pH Verslag

Kalsium Verslag

Fosfaat Verslag

Kalsium Vlakke

Gips Verslag

MAP verslag

up

 

Kontak Ons

facebook

 

twitter

 

google

Adres

King Straat 9

Kroonstad

9500

Telefoon :+27 56 212 4839

E-Pos : info@agrilux.co.za

Ons Agente

Johann Jordaan

+27 82 557 5946

jorrie@agrilux.co.za

Adriaan Jordaan

+27 72 561 4261

adriaan@agrilux.co.za

Stef Breytenbach

+27 72 058 9368

stef@agrilux.co.za

Nannette Pieterse

+27 60 972 0997

nannette@agrilux.co.za